Johan Stemmet Dag

Thursday, July 20, 2006

Wat gaan ons nou doen?

Hokaai mense, nou speel ons 'n speeletjie.

Ek gee vir julle een sin, dan moet julle 'n kort storie skryf. Skryf dit op jou eie blog, of in die kommente.

Een dag het Johan Stemmet by die starnd geloop.

Nou toe, skryf jou storie!

Wednesday, July 05, 2006

Klop, Klop

Wie's daar?
Moo.
Moo-wie?

HAR! HAR! Movie! Dis 'n snaakse eenetjie!

Het julle so grappies gehoor? Vertel vir my toe!

Monday, July 03, 2006

Kriptiese lydraadjie No.4

Hokaai mense, hier gat ons weer:

"My ding-a-ling, my ding-a-ling, I wanna play wif..."

Dis 'n maklike eenetjie, kom nou, vyftig randjies 'up for graps!'

Hy doen wat hy sê

Ek wil net eers sê "SORRIE" vir allie mense wat hierso toe kom en het boggerol gesien so die week of so, ek was baie besig met baie dinge! Maar...

Ou Chiz het gesê dat hy oor Valiant geskryf het, en ek het net nou gesien dat hy so wraggies dit gedoen het.

Mooi Chiz, baie mooi!

Friday, June 23, 2006

Waar speel allie kinders?

Ek sien ou Chiz is 'n baie musiekgeleerde outjie, ek wil net week of hy na nou goeie Afrikaans musiek luister. En die Kaapse muso weet ook sy kak, maar, saam, ken hy vir Bles?

Ek dink nee.

Kom nou gehoor, wat dink julle ons vra vir hulle nou mooi of hulle kan oor lekker Afrikaans musiek skryf. Nou toe. Vra.

Thursday, June 15, 2006

Kriptiese lydraadjie No.3

Hier is vir julle 'n moeilike eenetjie:

My Bonnie lies over...

HAR HAR!!! Ek speel! Dis 'n maklike eenetjie. Onthou, vyftig randjies vir die korrekte antwoordjie!

Sunday, June 11, 2006

Kriptiese lydraadjie No.2

Oraait gehoor, nog 'n eenetjie vir julle:

Rooi rok bokkie ...

Kom nou, gee vir my jou antwoordjies toe!

Friday, June 02, 2006

Kriptiese lydraadjie No.1

Ek is 'n nice ou, so vir die eerste kompetisie, gee ek vir julle 'n maklike eenetjie:

Voltooi hierdie pragtige liedjie.

"Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan..."


En onthou, in elke kriptiese lydraadjie kompetisie kan enigiemand vyftig randjies wen, of 'n spaarrekening met vyftig randjies binne in, komplimente van Absa.

Nou toe, wat is die antwoord?